LeadsLeap

Pick and Profit - Turn Cents into Dollars

Free Leads 728x90

Instant Profits Club

MyLead can make you Money Online

Prosperity Marketing System

Prosperity Marketing System

Visitors

free counters

02 October 2011

Today's Message - Jesus wept!


Mattheus 28:18 Jesus kom toe nader en sê vir hulle: “Aan My is alle mag gegee in die hemel en op die aarde. Amen.

Ons skriflesing kom uit die Boek Johannes, hoofstuk 11 vers 30-36

Dit lees as volg  - Johannes 11:
30. Jesus het nog nie in die dorp aangekom nie, maar was nog op die plek waar Marta Hom ontmoet het.
31. Toe die Jode wat by Maria in die huis was en haar vertroos het, sien dat sy vinnig opstaan en uitgaan, het hulle agter haar aangegaan omdat hulle gedink het sy gaan na die graf toe om daar te huil.
32. Toe Maria daar aankom waar Jesus was en Hom sien, het sy by sy voete gekniel en vir Hom gesê: “Here, as U hier was, sou my broer nie gesterwe het nie.”
33. Toe Jesus sien dat Maria huil en dat die Jode wat saam met haar gekom het, ook huil, het sy gemoed vol geskiet en was Hy aangedaan.
34. Hy vra toe: “Waar het julle hom begrawe?” Hulle het vir Hom gesê: “Here, kom kyk.”
35. Jesus het gehuil.
36. Die Jode sê toe: “Kyk hoe lief het hy hom gehad!”

Wat bring is tot vandag se boodskap: Jesus Verstaan

Ons vers vir oordenking is gevind in vers #35 Jesus Huil
Ons het gelees dat Jesus gehuil het.
‘n Vraag wat ons moet vra is 1).Hoekom huil Jesus en 2).Wanneer huil Jesus.
Jesus huil wanneer Sy kinders ongehoorsaam is. (Huil ons as ons kinders ongehoorsaam is?)
Jesus het op die kruis toe Hy vir ons sondes geboet het gehuil en geskree hoekom God hom verlaat het. (Wonder ons ook nie maar nie?)
Jesus huil wanneer ons nie Sy voorbeeld volg en ons kinders disiplineer nie. (Hoekom is dit so moeilik om ons kinders te disiplineer?)
Jesus huil omdat ons die wereld eerste prioritiet in ons lewens maak.
Jesus huil as ons voorgee en nie Sy wil doen nie.
Jesus huil as ons nie meer ons naaste liefhet nie.
Jesus huil as ons skinder.

Ons kyk ook na trane van teveredenheid
Jesus huil wanneer ons bly is, dit is wat ons trane van vrede of tevredenheid noem.
Jesus huil wanneer ons Sy woord deel en mense na Hom verwys. (disipelskap)
Jesus huil wanneer ons betrokke is in sy werke.
Jesus huil wanneer ons nie skaam is om Hom te ken in al ons weẽ nie.

Behalwe die feit dat Jesus gehuil het, verstaan Hy ook​​. Ons moet onthou dat:
Hy was gestuur om  in 'n liggaam te wees net soos ons.
Hy was mens net soos ons.
Hy weet hoe dit voel om verraai te word, laat vaar, en selfs om te sterf.
Jesus weet hoe dit voel om seer gemaak te word of om seer te maak.
Sommige mense maak nie so erg seer soos andere nie, maar ons gevoel verskil ook van mens tot mens.
Wat ons moet besef is ongeag hoeveel of hoe ons seergemaak word ons is nooit alleen nie.
Jesus het belowe dat Hy ons nooit sou verlaat nie.
Hy is hier by ons, en Hy verstaan.
Hy is nie daar om ons te veroordeel nie, maar om ons te help soveel as wat ons Hom sal toelaat om ons te help.

Amen

No comments:

Post a Comment

LeadsLeap